SASOLBURG – Ses jaar gelede het hulle die Amerikaners op America’s Got Talent laat regop sit.
Die Ndlovu Youth Choir gee mens altyd hoendervleis met hul suiwer stemmer, kleurvolle kostuums en ritmiese bewegings.
Sedertdien het die koor, oorspronklik van Limpopo, opslae gemaak oral waar hul gaan.
Tans is hul besig met ‘n Heritage Tour waar hul deur Suid-Afrika toer. Sondag middag 21 September om 14:00 en, as dit uitverkoop, ook om 17:00 sal hul by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg optree.
Kaartjies is te koop by webtickets.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
