NewsNews

André Schwartz die naweek by die ERT

Kombineer die musiek van Andrew Lloyd Webber met André Schwartz se stem en jy is 'n vertoning van hoendervleis-oomblikke gewaarborg.

SASOLBURG – Die immergewilde sanger, André Schwartz tree Sondag, 31 Augustus by die Etienne Rousseau Teater (ERT) in Sasolburg op.

Sedert hy bekendheid verwerf het in die 80’s met liedjies soos Ek wil jou nooit weer sien, het André se loopbaan hom op ver paaie geneem. Op ‘n stadium het hy die hoofrol vertolk in Andrew Lloyd Webber se Phantom of the Opera.

Daar is nog kaartjies beskikbaar teen R220 pp of R180 pp vir persone ouer as 60 jaar.

Tans is hy op reis met ‘n vertoning spesiaal opgedra aan die musiek van Lloyd Webber onder die titel, Any dream will do.

Hy beloof dat van die bekendste musiek uit Lloyd Webber se pen sal opklink, soos Any dream will do, Love Changes everything, You must love me, Send in the Clowns, Music of the Night, Memory, Pie Jesu..

Schwartz gaan lewenslesse geleer deur musiek-ervarings deel. Soms seer. Soms grappig. Hy bespreek sy lewenspad in naakte kwesbaarheid met Webber as narratief.

Met baie humor en eerlike waarheid kry jy ‘n blik in Schwartz se lewe asook ook ‘n ontdekking in jou eie.

Kaartjies is beskikbaak by www.ertickets.com. Die vertoning begin om 15:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button