Liefde en omgee gaan Vanessa terug op die been kry
VEREENIGING - Vanessa Trosello (46) se lewe het aan die einde van Julie binne ’n oomblik verander ná sy in ’n motorongeluk was. Sy het ernstige hoofbeserings opgedoen.
Die ongeluk het haar ook met ’n gebreekte pelvis, gebreekte kakebeen en beskadigde tande gelaat.
Maar dit was nie die einde van haar probleme nie.
Sonder ‘n mediese fonds is sy in Kopanong Hospitaal in Vereeniging opgeneem, waar sy vir twee weke vasgekeer was.
Sy was in konstante pyn, kon nie vaste kos eet nie en het pynlike vertragings vir lewensveranderende operasies in die gesig gestaar.
Daar was ook nie mooi na haar omgesien in die tydperk nie.
“Ek het op lakens met gate gelê, en hoewel ander pasiente in die saal se lakens soms geruil was, maar nie myne nie,” vertel Vanessa.
Bekommerde vriende en familie het besluit om dinge ’n bietjie beter vir haar te maak en ’n BackaBuddy-fondsinsameling begin.Vanessa is verlede Dinsdag ontslaan en sterk nou tuis aan.

Haar pelvis is besig om te herstel, asook haar ribbes en bors.
Sy sal egter op 27 Augustus na die Chris Hani Baragwanath Academic Hospital toe moet gaan vir X-strale, want sy sal ‘n opersie moet ondergaan vir haar gebreekte kakebeen en tande.
Die datum vir hierdie noodsaaklike operasie sal moontlik dan vasgemaak kan word.
Sy het ook steeds bloeding op die brein en fraktures op haar kopbeen. Dit veroorsaak dat sy deurlopend duiselig en van balans is.
Sy is op epilum (medikasie vir epelepsieleiers) om dit te behandel.

Vanessa is ook steeds in ‘n rolstoel, maar kan danksy die feit dat sy nou ontslaan is, nou haar eie dokter gaan besoek.
“Ek is so bly ek is ontslaan. Ek kon nie wag om my hond te sien nie,” sê Vanessa.
As deel van ‘n fondsinsameling is ‘n spesiale dans gehou. Plaaslike sanger Tiaan Greyling en Jennifer Jones van Oranjeville het gratis tydens die aand opgetree.
Verskeie plaaslike instansies het hul harte oopgemaak as borg vir die aand.
Die organiseersers, Babasie van Staden en Jess (moet van nog kry) bedank almal wat die aand ondersteun het, in besonder die borge: Fastweb, Knockout Pub & Grill, John Dory’s, Benecke Group, Angie’s Salon, 2 Oaks, Gentlemans Bilton, AC Photography en BAM Entertainment.
Enige bydrae groot of klein sal baie waardeer word.
