NewsNews

Ongeluk in Sasolburg, laerskool kinders beseer

Hulle was op pad skool toe, maar in plaas van om in die klas te wees, wag hul nou by die hospitaal.

OPVOLG: Die kinders in die bussie was nie net van die twee laerskole nie, maar ook van die ander skole in Sasolburg, insluitend Afrikaans Hoërskool Sasolburg en Die Fakkel.

SASOLBURG – ‘n Minbus taxi wat skoliere van Leeuwspruit Primêr en Noordskool Primêr vervoer het, was vanoggend in ‘n ongeluk betrokke.

Die wil lyk asof die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en die minibus het omgeslaan. Volgens ‘n bron het die ongeluk voor die groot sirkel plaasgevind en het die bussie vanaf die R57 Sasolburg binnegekom.

Die ongeluk het tussen 07:00 en 07:15 plaasgevind. Onderwysers van beide skole was vinnig op die toneel en sê daar was ongeveer 18 kinders wat buite die bussie gestaan het.

Al die skoliere, asook die bestuurder is na die naaste hospitaal geneem. Teen 09:14 was daar nog nie sekerheid of enige een ernstig beseer is nie. Ouers is gekontak en personeel van die onderskeie skole het by die hospitaal gewag om die ouers by te staan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button