Local newsNewsNews

Na 30 jaar sing hulle weer saam

Sang en musiek is vir hul meer as net 'n stokperdjie, dis hul bediening. Maak nader kennis met In Duet se Pieter en Lizette.

VANDERBIJLPARK – Pieter en Lizette Blignaut vorm die sangpaar, In Duet. Hulle is tans besig om aan hul eerste album te werk en het al meer as die helfte van die liedjies opgeneem.

Alhoewel hulle eers onlangs besluit het om saam te begin optree, begin die twee se storie meer as 30 jaar gelede. Op daardie stadium was albei met hul gesinne betrokke by die voormalige NG Oos-gemeente.

Pieter het in die kerkkoor gesing en Lizette was die orreliste. Twee kennisse met ‘n groot belangstelling in musiek. Die lewe het sy loop geneem en Lizette-hulle is Wes-Rand toe.

Die lewe se kronkelpaadjies het Lizette op ‘n stadium as alleenma gelaat. In die 30 jaar wat verloop het, het Pieter sy vrou aan die dood afgestaan, kinders grootgemaak en uiteindelik afgetree. In 2020 het hy ‘n onverwagse oproep van Lizette op sy verjaarsdag gekry.

“Ons het lekker gesels en die eerste keer wat sy koffie kom drink het, het sy haar kitaar in die hand gehad. Ek het op daardie stadium nie eens geweet waar is my kitaar nie, en moes dit eers gaan uitgrawe,” lag Pieter.

So het hulle liefde vir musiek en sang hulle bymekaar gebring. Vandag het die twee ‘n hegte band, Pieter het sommer ‘n handvol kitare en die liggroen klavier wat Lizette nog altyd wou gehad het, staan in die musiekkamer.

Pieter spot en sê hy doen heeldag niks, want hy is al op pensioen, maar Lizette is onderwyseres by die Hoërskool Driehoek en moet nog werk.

Musiek loop in Lizette se bloed. Sy het musiek en sang as vakke op skool gehad en het ook klassieke musiek opleiding gehad op universiteit. Behalwe die orrel en klavier, kan sy ook viool, kitaar en blokfluit speel.

Hulle nooi mense om na hul musiek te gaan luister op YouTube by @Blignautofficial, daar is baie van hul musiek te vinde asook die album wat Lizette 20 jaar gelede al opgeneem het.

Alhoewel hulle hoofsaaklik op geestelike liedjies fokus en by kerke en ouetehuise optree, sal hulle soms ook ‘n lied van Andrew Lloyd Webber opvoer. Kontak gerus vir Pieter 062 189 3617 of stuur ‘n WhatsApp na 082 853 8010.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button