Local newsNewsNews

Ongeluk in vroeë oggendure eis twee lewens

Vaalweekblad se innige simpatie aan die oorledenes se vriende en familie.

VANDERBIJLPARK – Lentedag het onder ‘n donker wolk aangebreek na twee lewens in die slag gebly het tydens ‘n ongeluk vroeg vanoggend tussen 03:00 en 04:00.

Die ongeluk het net buite die dorp op die Potchefstroompad naby Little Egypt gebeur. Die oorledenes se identiteit is nog nie bekend nie.

Volgens hulpverleners op die toneel het die oorledenes NWU-logo’s op hul klere gehad. Hulle was vermoedelik onderweg na die NWU-kampus in Potchefstroom.

Daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie.

Dit wil voorkom of die bestuurder beheer verloor het om die draai en teen ‘n paal gebots het.

Die paal waarteen die voertuig gebots het. Foto: Chase

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button