Local newsNewsNews

Stadig maar seker skud Downsindroom-tiener die vetjies af

Krystle Claassen is die trotse ma van Kegan Holl (17). Saam het hulle al vele beproewings oorbrug.

VANDERBIJLPARK – Om ‘n Downsindroom-kind te hê hou baie uitdagings in, maar hierdie kinders is uniek en liefdevol en verryk hul ouers se lewens, net soos gewone kinders.

Kegan se gesondheid het aan die einde van verlede jaar agteruit gegaan en hy was van 30 Desember 2024 tot amper aan die einde van Januarie vanjaar in die die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg weens asemhalingsprobleme.

Kegan het ook skildklierprobleme wat sy gewig beïnvloed. Sy toestand is geklassifiseer as Obesity Hypoventilation Syndrome en Obstructive Sleep Apnea.

Om die rede moet Kegan gewig verloor.

Kegan toe hy in die hospitaal opgeneem is aan die einde van verlede jaar. Foto: Verskaf

Hy is ook deur die dag afhanklik van ‘n suurstofmasjien, en saans gebruik hy ‘n CPAP (Continuous positive airway pressure) toestel omdat hy slaapapnee het.

“Kegan vorder goed. Ek is baie trots op hom. Hy verloor stadig maar seker gewig,” sê ma Krystle Claassen.

Deur die koue wintermaande het dit darem goed gegaan. Kegan was slegs in Junie siek met griep, maar hy het goed herstel.

Sy meen ook dat omdat dit nou warmer begin word, hulle dalk bietjie meer aktief sal kan wees. Ongelukkig is hy steeds 24/7 op suurstorf.

Sy ma gaan haal elke maand sy medisyne by die hospitaal in Johannesburg. Dit sluit in medikasie vir sy skildklierprobleme, ‘n waterpil en asmapompie.

Sy ma se grootste wens is dat hy soveel vordering kan maak dat hy nie van ‘n suurstormasjien afhanklik sal wees nie.

Hy was verlede week terug by die hospitaal vir ‘n roetine ondersoek. Die dokter is tevrede met sy vordering en sê sy ma moet aanhou doen wat hulle doen om die vetjies af te skud.

Dit gaan nou beter met Kegan maar hy is steeds 24/7 op suurstof. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button