Nooddienste reageer op ongeluk buite Meyerton
'n Grootskaalse noodreaksie het Saterdagaand in die Meyerton-omgewing ontvou toe verskeie dienste saamgespan het om beseerdes by te staan en die toneel te beveilig.
MEYERTON– Verskeie nood- en reddingsdienste het Saterdagaand op ‘n motorvoertuigongeluk in die Meyerton-omgewing gereageer waar beseerdes op die toneel behandel is.
Volgens Frontline of Hope Ministry NPC het verskeie rolspelers saamgewerk om die pasiënte te versorg, die toneel te beveilig en die pad weer veilig vir motoriste oop te stel.
Die organisasies wat by die voorval betrokke was, sluit in A Assist Towing, Midvaal Brandweer, CERT, GPG, Midvaal Verkeer, ER24, Netcare, Midvaal Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Meyerton SAPD en Sharpmed.
“Danksy die uitstekende werk van al die rolspelers is die pasiënte versorg en die toneel opgeruim, sodat die pad weer veilig vir die gemeenskap gebruik kon word,” het Frontline of Hope in ‘n plasing op sosiale media gesê.
Die organisasie het ook sy dank uitgespreek teenoor elke frontlinie-werker wat op die toneel diens gedoen het.
Die aantal beseerdes, die oorsaak van die ongeluk en of daar enige sterftes was, kon nie teen publikasietyd bevestig word nie.