Local newsNews

Vories verdien hoogste toekenning

Orion Kommando is trots op twee van hul Voortrekkerlede met hul uitsonderlike prestasie.

VANDERBIJLPARK – Emily Rencken en Mika du Preez van Die Voortrekkers se Orion Kommando het die hoogste toekenning vir Voortrekkers in Graad 12 ontvang. Hulle is nou Presidentverkenners.

Om hierdie toekenning te kan verwerf vereis baie harde werk, dissipline en toewyding. Kandidate moet aan streng vereistes voldoen.

Aan die begin van die jaar het hulle die teoretiese evaluering, bekend as Hoofleierswag, voltooi. Daarna is hulle uitgenooi na ‘n landswye nasionale afrondingskamp voordat hulle die Presidentsverkennertoekenning verwerf het.

Dis ’n simbool van uitnemendheid in leierskap, diensbaarheid, kultuur, en persoonlike ontwikkeling en is sedert 1967 ’n gesogte prestasie.

Hierdie toekenning span die kroon op hulle betrokkenheid as jeuglede van Die Voortrekkers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button