Cobras dring deur tot halfeind van Merlinliga
Die Cobras pak NWU op 15 Augustus by NWU in die halfeindstryd waarna daar met groot afwagting uitgesien word.
Die Sasolburg Cobras se eerstespan moes dalk die afgelope naweek die knie buig teen die Meyerton Knights, maar het steeds deurgedring tot die halfeindstryd van die Valke Merlin League.
“Die span het tot dusver ‘n uitstekende seisoen beleef en hoop om die seisoen op ‘n hoë noot af te sluit,” sê Christo de Beer (voorsitter van die klub).
Die klub nooi ook al sy ondersteuners, oudspelers en die gemeenskap uit om hul ondersteuning te wys deur boodskappe van aanmoediging aan die span te stuur op hul Facebookblad.
Hierdie boodskappe sal met die spelers gedeel word om hulle ekstra motivering te gee vir die belangrike halfeindstryd.
Ons klub se tweedespan se seisoen het egter Saterdag tot ‘n einde gekom.
“Hoewel die uitslae nie altyd in hul guns was nie en die hop van die bal nie altyd reg geval het nie, was hulle deurgaans ‘n span wat nie onderskat kon nie.
“Met ‘n jong groep spelers wat waardevolle ervaring opgedoen het, lyk die toekoms baie belowend en sien die klub uit daarna om verder op hierdie grondslag te bou.” sê De Beer.


7’s Spring Festival
Die klub se 7’s Spring Festival vir op 12 September plaas. Meer inligting is beskikbaar op die klub se Facebook-blad.
Besighede en individue wat by die dag betrokke wil raak, is welkom om die klub te kontak. Borgskappe word steeds gesoek, en daar is ook nog stalletjies beskikbaar vir uitstallers.
Gholfdag
Verder word die klub se jaarlikse Gholfdag op 20 November by Heron Banks aangebied. Meer besonderhede oor dié geleentheid sal binnekort bekend gemaak word.
Die klub bedank al sy spelers, afrigters, borge, ondersteuners en vrywilligers vir hul volgehoue ondersteuning gedurende die seisoen en sien met opgewondenheid uit na die uitdagings wat nog voorlê.

