Local newsNewsNews

Die plaaslike motorsport-gemeenskap is in rou

Vaalweekblad betreur saam met vriende en familie Willem se afsterwe. Sy vriendelik glimlag en kennis by die ovaalbaan sal beslis gemis word.

VEREENIGING – Die plaaslike motorsport-gemeenskap is in rou na die afsterwe van Willem Stols (66).

Willem wat die afgelope vyf jaar nierprobleme gehad en dialise ontvang het, het op 25 Julie ‘n terugslag gehad.

Hy het ‘n onbekende infeksie opgedoen wat tot orgaan versaking gelei het en het op 27 Augustus die stryd verloor.

Willem was ‘n bekende in motorsportkringe, veral by die Ultimate Outlaws Raceway in Vereeniging waar hy die afgelope paar jaar ‘n tegniese beampte was, wat gesorg het dat die reëls gevolg word.

Willem se gedenkdiens vind op 5 September om 11:00 by MCC Meyerton plaas. Almal wat saam met sy geliefdes sy lewe wil vier, is hartlik welkom.

‘n Volledige berig en huldeblyk aan Willem verskyn in Vrydag se Vaalweekblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button