VEREENIGING – Loslitdag (Casual Day) word jaarliks gevier om bewusmaking te skep en fondse in te samel vir persone met fisiese en verstandelike gestremdhede.
In die Vaaldriehoek verkoop Eureka kSkool by verre altyd die meeste en doen hulself entoesiasties mee, want hul weet hulle leerders baat ook elke jaar uit die projek.

Volgens casualday.co.za het hul al meer as half miljard ingesamel sedert die ontstaan in 1994.
Meer as 600 skole en instansies verkoop jaarliks die plakkers. Die fondse wat ingesamel word gaan na persone met gestremdhede by verskeie organisasies, skole, 11 universiteite en die polisie en weermag se lede met gestremdhede.
Hierdie jaar se tema is Beyond the Label: Embracing Unity Through Inclusion and Diversity.
Hierdie is ʼn oproep om verby iemand se gestremdheid te kyk en die mens daar agter raak te sien en te erken.
Skakel Santie vandag nog op 073 181 4096 of besoek Eureka Skool in Vereeniging om jou plakker te kry teen slegs R20 per plakker.
Dra dan jou plakker met trots op Vrydag, 5 September en weet jy maak ‘n verskil.
