Dieter van Dyk ‘n Leeu, want ‘n leeu is soos Jesus. Jesus is goed. ‘n Leeu is goed om te jag.

Lené van der Walt Ek hou van twee goed, nee eintlik drie. ‘n Leeu, want hy kan goed jag. ‘n Renoster, want hy is baie sterk. Cheetah, want hy is baie vinnig.

Kaitlan Zeeman Katte. Baie katte het nie huise nie en dan loop hulle in die strate en dan trap karre hulle. So dis belangrik dat ons na hulle kyk.

Henog Prinsloo ‘n Hond, want dis oulik. Hy beskerm ‘n mens en hy is liefdevol.

Christian Bezuidenhout Die voëls, want hulle gee vir jou mooi goed. Ek was hartseer toe my hond per ongeluk ‘n voëltjie doodbyt.

Genevieve Viviers Ek hou van katte. My tannie het 12 katte. My kat se naam is Buddy, hy is swart en wit en ek is baie lief vir hom.
