Local newsNewsNews

Sixty-60 verjaarsdagviering vir Valia se hoof

Om jou sestigste verjaarsdag so te vier is darem lekker

VANDERBIJLPARK – Om jou sestigste verjaarsdag te vier is ‘n merkwaardige mylpaal.

Sommige mense sal dit wil wegsteek.

Mnr. Johann Venske, hoof van die HS Transvalia staan trots met sy Sixty60-motorfiets wat hy uiteindelik op sy 60ste verjaarsdag gekry het.

Maar as jou naam Johann Venske is en jy ‘n skoolhoof van een van die top hoërskool in die Vaaldriehoek is, moet jy weet dit gaan nie ongesiens verbyglip nie. Van onder die radar vlieg is daar nie van sprake nie. Of jy nou ses of 60 word, wat is beter as om jou geboortedag met ‘n Checkers Sixty-60-partytjie te herdenk. Dit is genoeg om die kind in jou wakker te maak.

Die HS Transvalia se personeelkamer is op Vrydag 5 September met behulp van personeel, ouers en Riverside Boulevard Checkers in ‘n partytjieparadys verander. Geen steen is onaangeroer gelaat om dit ‘n onvergeetlike dag te maak nie.

Die ‘Sixties’-koek was ‘n treffer.
Selfs die Sixty60-bussie het kom kuier.
Selfs die lekkernye se verpakkings het mnr. Venske se gesig op gehad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button