NewsNews

Nonnie se tragiese verhaal steel harte

In die land is nie eens 'n troeteldier-koei veilig nie. Die enigste stukkie hoop is almal wat saamgekom het om te probeer help.

VANDERBIJLPARK – Nonnie was ‘n Jersey-koei wat haar lewe as troeteldier op ‘n plot in die Roodia omgewing deurgebring het.

Sy het oorspronklik aan Belinda BrasNel se pa behoort. Sy was die laaste versie van sy trop en hy het haar nooit laat dragtig raak of gemelk nie.

Nonnie was een van die familie en ‘n troeteldier vir 19 jaar.

Na sy afsterwe het haar ma na Nonnie gekyk en later van tyd haar suster. Vir amper 19 jaar (haar verjaarsdag is in November) was sy soos een van die familie.

Weliswaar een met ‘n paar nukke, soms wou sy nie uit in die oggende nie en saans wou sy nie altyd betyds terugkom uit die veld nie.

Tien jaar gelede het iemand haar probeer steel, maar gelukkig het daar ‘n alarm juis op daardie stadium in die huis afgegaan en die diewe het gevlug. Twee weke gelede was sy nie so gelukkig nie.

Belinda sê haar suster het haar die Vrydagoggend gekontak om te sê Nonnie is gesteel. Die diewe het eenvoudig die grys muur se panele afgehaal en haar uitgejaag.

“Sy kon nie meer lekker loop nie. Haar een poot het altyd gesleep,” vertel Belinda. Almal het begin soek en Belinda self het die voetspore gevolg. Maar op ‘n stadium was sy net te emosioneel en het sy die spoor verloor.

Die polisie het by al die plekke waar gesteelde diere gewoonlik gehou word gaan kyk. Sy en haar suster is na die groter veilingplekke toe, maar van Nonnie was daar geen teken nie.

Die boodskap het op sosiale media en WhatsApp-groepe versprei en teen  laatmiddag het Belinda ‘n video gekry van ‘n koei wat in ‘n sloot lê in die omgewing van Lindequesdrif. Baie ver van die huis af.

Sy en haar man is dadelik daarheen. “Toe ons daar kom was my suster reeds daar, asook ‘n vrou van die DBV en vele manne om te help. Dit was Nonnie wat in die nou sloot vasgevang gelê het. Die sloot is vol riool en sy was bedek daarmee,” onthou Belinda die gruwelaand.

Hulle het my vertel dat ‘n veearts ook reeds daar was en haar ‘n inspuiting vir pyn gegee het. Daar is baie planne beraam om Nonnie uit te kry, maar niks het geslaag nie.

Later het ‘n man en sy seun met ‘n trekker opgedaag. Die sloot is groter gegrou, bande is om Nonnie vasgemaak en ‘n conveyer belt is onder haar gesit. So is sy toe met die trekker tot by die pad getrek.

Gemeenskapslede en die DBV het opgedaag om te probeer help om Nonnie uit die sloot te kry.

Die heeltyd het sy op haar sy gelê. Sy kon nie opstaan nie. “Hulle het haar afgespuit omdat sy so vol riool was en ek het gesien sy bewe. Ek is toe eers huis toe om vir haar komberse te kry.”

Belinda sê teen die tyd wat sy terug was, het almal nog kopgekrap hoe hul Nonnie op die agterkant van ‘n sleepwa gaan kry. Dit het ure geneem, maar uiteindelik was Nonnie weer by die huis. Hulle het haar probeer ophelp.

Sy het vir ‘n oomblik regop gestaan en regtig goed gelyk, maar toe val sy weer. Die keer het sy nie weer opgestaan nie en is oorlede.

Die familie rou nog oor Nonnie, maar is dankbaar sy is gespaar van wat die diewe ook al met haar wou doen.

“Die gebeure het my weer ‘n les geleer. Ek het geleer dat daar nog mense is wat omgee en dat ons gemeenskap nog kan saamstaan. Ons sal almal wat gehelp het altyd dankbaar bly.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button