NewsNews

Lumies verras oumas en oupas op Lentedag

Daar het groot opgewondenheid geheers by Ons Gryse Jeug toe 24 van Lumiére Primér se jongste leerlinge hul besoek het.

SASOLBURG – Met groen en geel blommetjiekrone het 24 van die Graad R en RR leerders van Lumiére Primêr in Vaalpark die inwoners van Ons Gryse Jeug tehuis besoek.

elize Kotze kry ‘n lekker, groot drukkie van Zandre Hattingh.

Die jongspan was baie opgewonde terwyl hulle buite gewag het vir al die ooms en tantes om sitplek in te neem. Nadat hulle ‘n slag ‘n draai gaan stap het om vir die duiwe in die bome te luister, kon hulle uiteindelik in die eetsaal stap.

Onder leiding van juffroue Amanda Greeff en Marquerite Jansen Redpath het die kleingoed eers amptelik goeiemôre gesê, voordat hulle ‘n paar liedjies gesing het.

Zinelle van der Westhuizen glimlag breed nadat sy vir Nanet Cronje ‘n kolwyntjie gegee he

Die inwoners het veral die Lumies se dansie op Lyfie van Bernice West geniet en het saamgesing toe die jongelinge wegtrek met Dis Heerlike Lente.

Daarna het hulle met groot konsentrasie en heelwat organisasie van die onderwyseresse, vir elke inwoner ‘n mooi versierde kolwyntjie gegee en heelwat drukkies uitgedeel.

Die inwoners het die oggend geniet en Dis Heerlike Lente saamgesing.

Terwyl die inwoners hul kolwyntjies en tee in die eetsaal geniet het, het die Lumies buite op die gras ontspan met ysies en hul kosblikkies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button