News

Soeter as soet Lentedag vir Herfsoord inwoners

Sofie Bierman se sjokolade poeding het uiteindelik die oorhand gekry, maar almal is suikersoet huis toe.

VANDERBIJLPARK – Op Lentedag gebeur daar altyd iets by Die Eike Eetsaal in Herfsoord.

Verlede jaar is daar gebak vir die vale in ‘n Mini-Koekedoor kompetisie. De jaar is daar om die titel, Poeding Meester, meegeding.

Dina en Sonja, albei werkers by Siësta het solank die tuisgebakte terte begin sny, terwyl die beoordeling nog aan die gang was. Foto: Gerda Bruinette

Na baie swoeg en sweet in die kombuise, het die groot dag  verlede Maandag aangebreek. Daar was 24 inskrywings, wat alles van melktert tot by yskasterte (in alle geure) ingesluit het.

Die drie beoordelaars, Amanda van Zyl van Feedem Catering, Fancois maatskaplikewerker by Siësta en Jan van den Linde was al gou soet tot agter hul ore, maar het dapper voortgegaan om al die disse te proe.\

Die tafel met die inskrywings was pragtig versier. Oordbestuurder Charlene Aucamp staan met die sjokolade-poeding wat uiteindelik as algehele wenner aangewys is, saam met een van die bestuurslede Ronel Nagel. Foto: Gerda Bruinette

Terwyl die beoordelaars nog kop gekrap het, het inwoners solank by die tafels gekuier. Elkeen het hul oog op ‘n hoek gehad waar poedings gereed gestaan het om gesny en verkoop te word.

Bets Wessels, Anna Geldenhuys en Sonja van Wyk vrolik by die poeding-oggend op Lentedag. Foto: Gerda Bruinette

“Ons bied dae soos hierdie aan, om meer inwoners uit hul huise te kry, maar ook as fondsinsameling vir die nuwe Alzheimer-eenheid wat tans in aanbouing is,” het oordbestuurder Charlene Aucamp vertel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button