NewsNewsSport

Talentvolle Parkie gekies vir Woema Hokkieweek

Veels geluk Charlene en die res van die Vaaldriehoekspan, mag jul net van krag tot krag gaan.

VANDERBIJLPARK – Charlene Hugo, ‘n graad sewe leerling van die Laerskool Kollegepark, is die enigste een van die skool wat gekies is om die Vaaldriehoek by die Woema Hokkieweek te gaan verteenwoordig.

Charlene Hugo keer dat ‘n teenstander nie verbykom nie.

“Dis soos die Bokkieweek in die winter. Die Woema Hokkie is in die somer,” vertel sy. Woema Hokkie is ‘n vinnige weergawe van die sport.

Net die helfte van die baan word gebruik en daar is net vyf spelers aan ‘n kant op die veld, met drie reserwes per span.

“Ek was baie opgewonde toe ek uitgenooi is na die proewe so ‘n paar weke gelede. Ons span oefen nou Vrydaemiddae. Ek dink ons het ‘n sterk span, want ons oefen teen en saam met die o15’s en o17’s,” beduie sy.

Die toernooi vind vanaf 7 – 11 Oktober by die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton plaas.

Charlene Hugo in aksie op die hokkieveld. Foto’s: Tanya Hugo

Charlene het in graadR begin om mini-hokkie te speel. In graad vier is sy vir haar ouderdomsgroep se B-span gekies, hard geoefen en in graad vyf was sy deel van die A-span.

Sy het verlede jaar en hierdie jaar vir die skool se eerste span uitgedraf en was ook gekies vir die D8 span.

Naas hokkie speel sy ook netbal, maar van volgende jaar wil sy net op haar hokkie konsentreer. Sy sien uit daarna om volgende jaar haar hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Driehoek te begin.

Na skool droom sy daarvan om ‘n pediater te word, want “ek hou daarvan om met kinders en babas te werk.”

Laerskool Kollegepark het op hul Facebook gesê: “Ons is ongelooflik trots op jou, Charlene! Hou daardie hokkiestok gereed en wys vir hulle hoe ’n ware Kollegeparkster speel!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button