Sion de Vos Ja, met my Monster Trucks en bikes. Ek versamel dit, maar speel ook daarmee. Dan maak ek modder ramps buite waaroor die trokke moet ry.

Rikus Izaakse Nie meer nie. Ek hou my karretjies nou net vir die collection. Ek het so tussen 20 na 30 karretjies. Maar, ek geniet Xbox nou meer, veral Fortnite.

Lucas Engelbrecht Ek het ‘n trok uit die 80’s met sy eie trailer en container. Daar is twee deure wat kan oopmaak. Dis my gunsteling om mee te speel. En ek hou van guns ook, want my oupa was in die army.

Faith Hepburn Ek speel met my poppe. Die een is ‘n Mermaid pop en dan het ek ook baie Barbies en hulle het baie mooi skoene en baie rokke.

Luaiden Oberholzer Speelgoed is boring. Ek speel Xbox, Fortnite en Warzone.

Joshua Steyn Ek hou die meeste van my twee helikopters. Maar ek speel ook met my klein en groter karretjies.

