NewsNews

13-jarige benodig dringend hulp na val

Hulle het net gespeel toe Rowan onverwags geval en op sy skouer beland het. Dis 'n maand later en die jong seun is steeds in onuithoubare pyn.

SASOLBURG – Rowan Pelser ,’n graad sewe leerling aan Noordskool Primêr se lewe is omvergewerp na ‘n fratsongeluk op 11 Augustus.

Hy en een van sy maats het gespeel, toe hy geval en sy sleutelbeen gebreek het. Sy ouers het hom na die naaste staatshospitaal geneem waar hul na drie dae na ‘n ander hospitaal verwys is.

Ook daar kon hul niks vir hom doen nie. Rowan is huis toe en is sedertdien in konstante pyn.

Hy sal ‘n operasie moet ondergaan om sy skouer te herstel, maar sy ouers het nie die fondse daarvoor nie.

Vir Rowan is dit ‘n geweldige aanpassing, want hy is ‘n sportiewe, lewenslustige kind wat daarvan hou om aktief te wees.

Hy speel onder andere rugby en sokker vir sy skool. Sy ma, Sanet Pelser, het ‘n Back-a-Buddy rekening vir hom oopgemaak, in die hoop om genoegsame fondse in te samel vir Rowan om ‘n privaat spesialis te gaan sien en self vir die operasie te betaal. Enige bydraes sal waardeer word.

Skandeer net die QRkode. Donasies kan ook direk in haar rekening inbetaal word. Rekeningnaam: Sanet Pelser. Bank: Tyme Bank. Takkode: 678910. Rekeningnommer: 51045044420 Verwysing: Rowan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button