Local newsNewsNews

Wees veilig terwyl jy onthaal

Die somer is so te sê hier, en vir Valies en ander Suid-Afrikaners beteken dit meer braai- en potjiekos-aande en onthale.

Ongelukkig verdwyn misdaad nie saam met die winter nie. Dus moet mense wat buitelug-byeenkomste met familie en vriende geniet steeds veiligheidsbewus wees.

Charnel Hattingh, groepshoof van Bemarking en Kommunikasie by Fidelity Services Group, waarsku dat misdadigers geleenthede waar mense bymekaarkom om te ontspan en te vier, as maklike teikens beskou.

“Gewapende rowers teiken gereeld gaste terwyl hulle restaurante verlaat. In baie gevalle lê misdadigers in parkeerareas en wag vir die regte geleentheid om toe te slaan. Opportunistiese misdaad duur slegs sekondes. Die beste manier om jouself en jou gaste te beskerm, is om waaksaam te bly en die regte sekuriteitsmaatreëls in plek te stel,” sê Hattingh.

Hier is ‘n paar praktiese veiligheidswenke:

As jy tuis onthaal, maak seker dat alle stelsels (buite-straalbundels, elektriese omheining en kringtelevisie) funksioneel en geaktiveer is.

Hou hekke gesluit al wag jy dat gaste arriveer. Sluit slegs vir hulle oop en wees waaksaam wanneer jy dit doen.

Dra ‘n paniekknoppie te alle tye op jou persoon. ‘n Stil paniek kan lewens in ‘n noodgeval red.

Laat gaste, indien moontlik, binne-in jou eiendom parkeer. As hulle buite moet parkeer, kan ‘n sigbare sekuriteits teenwoordigheid misdaad afskrik.

Installeer behoorlike beligting soos bewegings-sensorligte.

Versoek ekstra patrollies as jy aan ‘n sekuriteitsverskaffer behoort. Die sigbare teenwoordigheid van ‘n gewapende reaksievoertuig is hoogs effektief.

“Sekuriteit behoort nie jou pret te demp nie, dit bied gemoedsrus,” sluit Hattingh af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button