Local newsNewsNews

Bedelaar by verkeerslig doodgery

VANDERBIJLPARK - Motoriste word gevra om versigtig te wees by die kruising, want die pad is afgesper en die voertuig wat in die ongeluk betrokke was, staan in dubbelbaan vir aankomende verkeer.

‘n Bedelaar, wat reeds die afgelope paar jaar daagliks in Barrageweg by die Rossini- en Barrageweg-kruising (by Vaal Mall) gestaan het, het vanmiddag noodlottige beserings opgedoen toe sy deur ‘n voertuig getref is.

Die vrou, vermoedelik in haar laat vyftigs, is op die toneel dood verklaar.

Dit was teen 17:00 steeds ‘n hartseer en skokkende gesig vir motoriste wat van dié besige roete gebruik maak.

  • Die vrou is die tweede bedelaar wat by dieselfde kruising deur ‘n voertuig getref is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button