Local newsNewsNews

Huiswerkers se minimum loon stryd

Vir die gemiddelde huishulp is die maandelikse tekort tussen inkomste en noodsaaklike uitgawes nou byna R900.

Byna 40% van huishoudelike werkers in Suid-Afrika verdien steeds minder as die nasionale minimum loon, met ’n mediaan maandelikse verdienste van R3 635.

Dit skiet ver te kort aan die R4 500 wat vir basiese lewenskoste benodig word.

Hierdie is van die bevindings van Sweepsouth se 2025 Jaarlikse Verslag oor huishoudelike werkers se betaling en werksomstandighede, gebaseer op reaksies van 5 039 huishoudelike werkers landwyd.

Die agste uitgawe van die verslag skets ’n omvattende prentjie van die druk wat hierdie noodsaaklike werksmag in die gesig staar.

Dit wys hoe stygende behuising-, kos- en vervoerkoste steeds lone oortref, wat die gaping tussen inkomste en die werklike lewenskoste vergroot.

Die gevolg is ’n siklus van skuld, swaarkry en onsekerheid vir duisende werkers en hul gesinne, ’n krisis wat deur wêreldwye ekonomiese onstuimigheid verdiep is.

Sowat 82% huishoudelike werkers is die hoofbroodwinners en meer as die helfte onderhou vier of meer afhanklikes.

Hierdie finansiële druk beteken dat selfs met voltydse werk, huishoudings nie hul mees basiese behoeftes kan dek nie.

Baie leef van maand tot maand, en wend hulle dikwels tot skuld om die tekort aan te vul.

Oor die afgelope jaar het die koste van noodsaaklike goedere en dienste skerp gestyg. Behuisingkoste het met 11% toegeneem en voedselpryse met 8%.

Dit laat geen ruimte vir spaargeld, noodgevalle, of beleggings in opvoeding nie. Gesinne word gedwing om onmoontlike keuses te maak tussen kos op die tafel, huur betaal, of kinders in die skool hou.

“Die bevindings van die 2025-verslag is duidelik. Tensy loonbeleide, arbeidsbeskerming en sosiale beleggings verbeter, sal die gaping tussen wat huishoudelike werkers verdien en wat hulle nodig het om te leef, aanhou verbreed.

“Die gevolge sal nie net deur die werkers self gevoel word nie, maar ook deur die gesinne en gemeenskappe wat van hulle afhanklik is,” sluit Lourandi Kriel, hoofuitvoerende-beampte van Sweepsouth af.

Sleutelbevindings van die 2025-verslag:

82% is die hoofverdieners in hul huishoudings

58% onderhou vier of meer afhanklikes

39% verdien minder as die Nasionale Minimum Loon

86% wil hul opvoeding verder voer

33% is in die skuld, met 35% van hulle wat terugbetaling as wanhopig beskryf

20% het misbruik in die werkplek ervaar

16% rapporteer ’n afname in geestesgesondheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button