Local newsNewsNews

Blomme en kerse vir Colleen

VANDERBIJLPARK - Daar gaan Woensdag geleentheid wees om die gesin te ondersteun, deur blomme en kerse ter herinnering aan wyle Colleen Coleman (52) neer te lê.

Vir sowat 6 jaar kon Colleen Coleman daagliks by die groot kruising by Vaal Mall gesien word.

Sy het daagliks haar weg daarheen gevind, al die pad van Drie Riviere in Vereeniging, om vir haar geliefdes te sorg.

Daaronder tel haar 1 jarige kleinkind, haar jongste dogter van 12-jaar, en haar gestremde dogter van 26 jaar (wie se huur sy betaal het).

Kop onderstebo het sy daagliks daar gestaan en gehoop op die goedhartigheid van motoriste.

Saterdagmiddag is sy egter daar doodgery. ‘n Saak is aanhangig gemaak teen die bestuurder van die voertuig wat haar teen ‘n hoë spoed getref het.

Haar familie wil graag iets spesiaal vir haar doen en hoop dat die gemeenskap hulle sal ondersteun wanneer hulle Woensdag om 16:00 blomme en kerse vir haar neerlê en aansteek.

Dit sal plaasvind by Fordstraat 13, CW6, Vanderbijlpark.

Purple Rain Funerals van Vanderbijlpark het aangebied om verassing gratis vir die gesin te behartig.

Die gesin kort egter steeds finasiële steun vir die diens.

Indien daar enigiemand is wat die gesin kan help, kan Colleen se dogter Angelique by 073 697 8753 gekontak word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button