Local newsNewsNews

Gholfdag om Milanka te help

Dit sal opreg waardeer word af gholfspelers die dag sal ondersteun.

VANDERBIJLPARK – Milanka McDonald (25) is een van die Vaal se mees geliefde Downsindroomlyers.

Onkoste vir haar mediese sorg is egter hoog, en as deel van fondsinsameling om aan al haar behoeftes te voorsien, word daar op 24 Oktober ‘n gholfdag by Emfuleni Gholfklub gehou.

Die formaat is Betterball Stableford met ‘n shotgun start om 11:00.

Milanka het op 18-jarige ouderdom in 2018 haar vierde hartoperasie ondergaan.

Behalwe dat sy reeds opehartoperasies ondergaan het, is haar heupe ook op ‘n baie jong ouderdom ‘gepin’ weens Slipped capital femoral epiphysis (fraktuur deur die groeiplaat).

Die gevolg is dat haar bene baie stadig gegroei het, en dit het ook veroorsaak dat sy baie onaktief geraak het.

In 2020 tydens ‘n MRI-skandering is sy met Scheuermann’s disease gediagnoseer, asook ander vernouings op verskeie dele van haar rug.

“Daar moet dus hierdie jaar weer ‘n MRI gedoen word om die vordering daarvan te sien. Ons vermoede is dus dat dit heelwat vererger het, as gevolg van die hoeveelheid pyn waarin sy verkeer. Haar postuur het ook baie vooroor getrek,” vertel ma Tania.

Wat haar ouers se harte egter bitter seer maak is dat hul eens sprankelende dogter, haarself nou heeltemal onttrek van enige sosiale uitstappies saam met die res van die gesin.

Die loop is eenvoudig te pynlik vir haar!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button