Local newsNewsNews

VRK skop Gold Cup-veldtog teen Pirates af

Wie gaan vanjaar die Gold Cup omhoog hou. Naka Bulle mik na seldsame driekuns

VEREENIGING – Op Saterdag 27 September gaan alle paaie na die Barnyard in Vereeniging lei wanneer die klub sy veldtog teen Pirates in die gesogte 2025 Pick ‘n Pay Gold Cup afskop.

Brakpan is die ander Valke-klub wat die voorreg verdien het om teen die land se beste klubspanne deel te neem. VRK bied op dieselfde dag ‘n sewestoernooi aan om tot die feestelike atmosfeer by te dra.

Tabu Tao een van Vereeniging se gevaarmanne in aksie. Foto: Ettienne van Rensburg

Twee -en dertig spanne sal oor vier weke tot 27 Oktober teen mekaar kragte meet.  Toegang R20 per persoon en R20 per kar. Kontantkroeg beskikbaar

Die 2025-weergawe van die Gold Cup dra besondere betekenis as die 50ste herdenking van die eerste nasionale klubkampioenskap in 1975. Twee van Suid-Afrika se oudste klubs, Hamilton-Sea Point en Villager, het hul plekke verseker nadat hulle die WP Superliga A-eindstryd bereik het. Hamilton vier vanjaar hul 150ste bestaansjaar en Villager sal in 2026 hul 150 jaar vier.

Hulle sluit aan by ’n kragtige veld van 32 spanne, waaronder sewe huidige of voormalige nasionale kampioene pruik. Die verdedigende kampioene, Naka Bulls, mik na ’n seldsame driekuns, terwyl ander sterk mededingers soos Pretoria Harlequins, Durban Crusaders, College Rovers en Johannesburg Pirates ook aanspraakmakers is.

Die toernooi, wat in ’n “FA Cup-styl” uitklopformaat gespeel word, laat geen tweede kanse toe nie. 31 wedstryde oor vyf naweke sal die nuwe kampioen bepaal. SA Rugby se HUB, Rian Oberholzer, het beklemtoon dat uitkloprugby deel van Suid-Afrika se sport-DNA is, en verwelkom Pick n Pay as nuwe titelborg in ’n vierjaar-vennootskap wat groot groei vir gemeenskapsrugby beloof.

Die openingsnaweek bied reeds groot wedstryde, met kragmetings soos Vereeniging teen Pirates, East London Police teen Hamilton, en Bloemfontein Police teen Crusaders. Almal strewe om op die einde die nege-karaat beker omhoog te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button