Local newsNewsNews

Valies kap dit flou teen Sasolburgers

Wen met vyf paaltjies

VEREENIGING – Die Hoërskool Overvaal se o15-krieketspan het verlede week op sy tuisveld ’n puik oorwinning met 5 paaltjies oor die Hoërskool Sasolburg behaal.

Sasolburg is vir 79 lopies uitgeboender, met Ruan Coetzer wat 3 paaltjies vir 25 lopies geneem het, terwyl Cameron van der Walt (2/13) en Ryan McLean (1/2) ook belangrike bydraes gelewer het.

In sy kolfbeurt het die Valies se Dean Coetzer met 34 lopies van 17 aflewerings uitgeblink, terwyl Ruan Coetzer met ’n stewige 12* die wenlopies geslaan het. Overvaal het die teiken van 80 bereik met 5 paaltjies staande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button