Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is. Foto: Ettienne van Rensburg
SASOLBURG – As die mure van die Etienne Rousseau Teater kon praat wat sou dit sê en sou ons luister?
Die verhoog was al die tuiste van soveel groot geeste in die uitvoerende kunste. Die gange agter die verhoog en kleedkamers verklap ‘n ryk kultuur en geskiedenis.
Van 10 tot 13 September het die volgende generasie kunstenaars die geleentheid gekry om hul talente tydens die Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste ten toon te stel.
Die jong dansers het die geleentheid met albei hande aangegryp. Die terugvoering van die beoordelaars was deur die bank baie positief. Daar is egter klem daarop gelê dat roetines gepas vir hulle ouderdom moet wees.
Veral oordrewe gesiguitdrukkings en gevorderde danspassies wat te veel stremming op die kinders se liggame sit is gekritiseer. Die klem moet val op natuurlike vertolking van danstukke. Die kruks is dat die jongelinge dans moet geniet.
Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is. Foto’s: Ettienne van RensburgVaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.Vaaldriehoek Fees van Uitvoerende Kunste het gewys die uitvoerende kunste in die Vaaldriehoek lewendig en gesond is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za