News

Nog Valies benoem vir SACMAF toekennings

Die Vaaldriehoek was nog altyd bekend vir sy talentvolle Country kunstenaars en ons is trots om die SACMAF genomineerders uit die Vaaldriehoek aan te kondig.

Die SA Country Music Association/ Foundation (SACMAF) het nog genomineerdes bekend gemaak in verskeie kategorieë en die Vaaldriehoekers skitter behoorlik onder hulle.

Naas Leonardo met sy 11 nominasies waaroor Vaalweekblad reeds berig het, het nog drie van ons kunstenaars gehoor dat hul genomineer is.

Leonardo skitter met 11 nominasies. Foto’s SACMAF Facebook

Colin Dee is genomineer in die afdeling Traditional Country Male. Hy sê dis die eerste keer wat hy vir die SACMAF’s benoem is en hy is super opgewonde daaroor.

Colin Dee

Leon Jacobs vir sy vriende en Lion Jay vir sy aanhangers is vir vyf afdelings benoem. Dit sluit in Country Gospel Male Vocalist, Contemporary Pop Duo Cover, Overall Single Country Male Original, Country Male Original en Afrikaans Kontemporêre Album.

Lion Jay (Leon Jacobs)

Een van die Vaal se blinkste jong sterre, Caitie Rock is genomineer vir U/16 Most Aspiring Newcomer.

Caitie Rock

Die groot aand vind 8 Oktober plaas en ons hou hou styf duimvas vir elkeen van ons Valies om daardie trofees huis toe te bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button