Local newsNewsNews

Vaaldriehoek Fees glo ‘n klugspul

Fees in gees maar nie in vlees . Kunstenaars soos Brendan Peyper weet van niks.

VANDERBIJLPARK – Die Vaaldriehoek Fees waarvan niemand weet nie, blyk om een groot klugspul te wees.

Die fees wat glo op 28 en 30 November 2025 op die Isak Steyl-stadion sou plaasvind word wyd en syd op sosiale media geadverteer, maar niemand is bewus daarvan nie.

Nie die kunstenaars of die bestuurder van die stadion nie dra kennis daarvan nie. Die Uitvoerende Hoof van die Vaaldriehoek Fees, Charmonique Du Preez ,het ook spoorloos verdwyn nadat ʼn persverklaring vroeër vandeesmaand oor die uitstel van die fees uitgereik is.

Nadat die berig oor die uitstel van die fees in Vaalweekblad verskyn het, het besorgde sakelui en organiseerders van ander feeste Vaalweekblad met klagtes en vrae oorval.

Hannes Hattingh, stadion-bestuurder van die VUT Isak Steyl-stadion, dra ook geen kennis van die fees nie.

“Ek weet niks hiervan nie. Almal bel my om uit te vind. Daar is geen besprekings dokumente vir die datum uitgegee of terug ontvang nie. Waar sal ons tog ʼn Merry-go-Round op ons gronde toelaat?” skerts hy.

Die Klipwerf-orkes het sedertdien op sy Facebook-blad homself van die fees gedistansieer. Brendan Peyper en Manie Jackson asook hulle agente dra ook geen kennis dat hulle vir die fees bespreek is nie. Na wat verneem word, is Sony en Select Musiek glo besig om regsadvies in te win.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button