VEREENIGING – Onlangs is teatergangers by die Barnyard vir ʼn wyle na Spanjé verplaas. Die mense wat Flamenco Soul 2025 deur Carli Spanish Dance Productions bygewoon het kon nie uitgepraat raak oor die dansers se kleurvolle uitrustings en die meesleurende musiek nie.

Om die Spaansedanse in die Barnyard te beleef is heeltemal anders as in ʼn teater. Die gehoor kon eet en drink terwyl hul die musiek en dans geniet het.
Carli Olivier Bresser wat die breinkrag agter die vertoning het na die tyd gesê sy is dankbaar teenoor Lee Brune en sy personeel by die Barnyard. “Dankie vir jul ongelooflike aandag aan elke stukke detail vandat ons by die teater gearriveer het.”

Vir haar hartsmense het sy op Facebook laat weet: To my village: I truly have the most amazing team who always go above and beyond behind the scenes to make the show a success. Muchas Gracias a todos! To all our dancers: You were absolutely beautiful on stage! I am beyond proud of all of you.
Huge congratulations to our Dancer of the Year Award recipient: Dané Wessels. So well deserved, Dané”

Flamenco Soul 2025 het voorwaar harte aangeraak. Liezel Färber se kommentaar op Facebook het gelees: “Dit was regtig n mooi show Carli Olivier Bresser.” Terwyl Clive Bain gereageer het met: “What an incredible achievement! Muchas Gracias for the inspiration!”
