SASOLBURG – Die inwoners van Moredou Tehuis vir Bejaardes is aangenaam verras op 10 September.
‘n Gewone Woensdag het ontpop in ‘n aand om te onthou toe die Sasolburg Voortrekkers by die bejaardes gaan kuier het.
Die Vories het speletjies gespeel en gedans, terwyl die bejaardes lekker saamgesing het.
Die hoogtepunt was natuurlik toe elke inwoner ‘n geskenksakkie ontvang het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
