NewsNews

Voortrekkers toets hul Voorslagvernuf

Orion Voortrekkers het weer hul staal gewys by hierdie jaar se Voorslagkamp. Vaalweekblad het vir Andries Visagie gevra oor hoe dit gegaan het...

VANDERBIJLPARK – In graad sewe kan Voortrekkers kies om aan die Voorslagproses deel te neem.

Dit is ‘n geleentheid om te kan weergee wat hulle tydens hul laerskooljare as Voortrekkers geleer het.

Vroeg opstaan was die moeite werd… of dalk nie. Die manne lyk nog bietjie moeg. Foto: Andries Visagie

Dit is nie ‘n eksamen nie, maar ‘n kans om op ‘n praktiese en interaktiewe manier tydens ‘n naweeklange evalueringskamp te wys wat hulle kan doen.

Kinders moet speletjies vir ‘n groep aanbied en lei, vlagseremonies uitvoer en basiese kaart en kompaswerk verstaan.

Leierskapsvaardighede en kennis van die Voortrekkers se geskiedenis en dié van die Afrikaner word ook gemeet.

Vier van Orion Voortrekkers se groep graad sewes, die (oulike!) Meerkatte, het die jaarlikse evalueringskamp op Doornkloof, Vrystaat Voorstrekker se pragtige plaas naby Kroonstad, bygewoon.

Hulle is Cya van Helden, Reinhardt van Doorn, Joshua van Zyl en Jandré Venter.

Dit is nie net harde werk nie, tussendeur is daar tyd vir kort kuiertjies en grappies saam met ou vriende en selfs ‘n sokkie saam met die hoërskoolkinders wat op dieselfde naweek ‘n jeugleiersberaad bywoon.

Orion Voortrekkers is trots op hierdie groep yster vories en kan nie wag om te hoor hoe hulle gevaar het nie.

Ons verwag die uitslae binnekort. Vir meer inligting oor Die Voortrekkers, besoek voortrekkers.co.za of stuur e-pos aan orionvoortrekkers@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button