Local newsNewsNews

Val meer gevaarlik as wat jy dink

Dit is mos snaaks as iemand val, maar soms is dit beslis nie iets om oor te lag nie.

Naas padongelukke is val die tweede grootste oorsaak van onopsetlike beseringsdood wêreldwyd, en elke jaar is miljoene van hierdie ongelukke ernstig genoeg om mediese aandag te verg.

“Hoewel die meeste valle nie noodlottig is nie, is dit volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie verantwoordelik vir meer jare se saamleef met gestremdheid, as die veroorsaak deur verdrinking, brandwonde en vergiftiging saam,” sê dr. Letasha Kalideen, ‘n geriatriese geneesheer wat by Netcare St Augustine’s-hospitaal praktiseer.

“Terwyl kinders en volwassenes ouer as 60 jaar as hoër risiko beskou word, kan val op enige ouderdom ernstige gevolge hê,” sê sy.

“By bejaarde pasiënte kan een uit elke vyf val ernstige beserings tot gevolg hê, soos gebreekte bene of kopbeserings. Soos mense minder aktief raak, word hulle swakker, wat hul kanse om te val verhoog.”

Die volgende eenvoudige wenke bied ‘n praktiese beginpunt om valrisiko te verminder:

Kyk of vloere nie glad, ongelyk of vol rommel is nie.

Verwyder struikelgevare en verseker dat elektriese koorde uit die pad gehou word.

Verseker dat daar voldoende beligting in die hele huis is.

Bly aktief om balans en krag te verbeter.

Laat jou oë gereeld nagaan.

Drink genoeg water en eet ‘n gesonde dieet.

Dra goedpassende, nie-gly skoene; moenie net in sokkies rondloop nie.

Verseker dat beddens en stoele op ‘n gemaklike hoogte is.

Verwyder onnodige items van die vloer af.

Installeer stewige handrelings waar dit nodig mag wees.

As jy loopmiddels en handrelings het, gebruik dit konsekwent.

Tekens dat mediese hulp onmiddellik benodig word:
As die persoon ernstig beseer of bewusteloos is
As die persoon hul kop gestamp het, veral in die geval van kinders
As die beseerde arm of been gevoelloos voel
As tone of vingers wit of blou is
As jy ‘n besering aan die persoon se nek of rug vermoed
As jy ‘n been kan sien wat uit die vel steek
As die ledemaat of gewrig teen ‘n onnatuurlike hoek lyk
As bloeding nie na ‘n paar minute van ferm druk gestop kan word nie

In enige noodgeval wat mediese hulp benodig, is dit nuttig om ‘n vinnige en doeltreffende manier te hê om dit dadelik te vind. Hou ‘n noodnommer van jou keuse op vinnige skakel op jou foon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button