Local newsNewsNews

Mej. SA-finaliste: Vaal spog met blonde bom

Mej. Suid-Afrika 2025 sal op 25 Oktober by die Sun Bet Arena by Times Square, Pretoria, gekroon word. Vaalweekblad staan net soos die res van die Vaal, bankvas agter Gizelle!

Die 27-jarige Gizelle Venske se leuse is:

‘n Vrou wat die skare volg, sal waarskynlik nie verder as die skare kom nie, maar ‘n vrou wat haar eie voetspore volg, sal haar waarskynlik op plekke bevind waar niemand anders nog ooit was nie.

Gizelle Venske (27) is die dogter van Anto en Johan Venske (hoof van die HS Transvalia).

Sy het in die Vaal groot geword, maar woon tans in  Lynnwood, Pretoria.

Vanjaar het die Mej. Suid-Afrika Organisasie dit herbedink wat dit beteken om die kroon te dra.

Die slotsom: “Die vrou wat as Mej. Suid-Afrika 2025 gekroon word, sal haar platform gebruik om blywende en betekenisvolle impak te skep.”

Dit val so reg in Gizelle se kraal. Sy beskik oor die nodige selfvertroue en deernis, en is reg om die reis na die kroon te begin.

Ons deel bietjie meer oor Gizelle in die week se Vaalweekblad.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button