Plaaslike, meester-fotograwe gaan hul kennis deel
Die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging se pryswenner-fotograwe gaan 'n spesiale kursus vir beginners aanbied.
VEREENIGING – Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se gewilde beginnerskursus vir fotograwe word vanjaar op 29 en 30 November by die Kliprivier Country Estate, net buite Drie Riviere, aangebied.
Die kursus dek die basiese inleiding tot fotografie, soos hoe om jou kamera en toerusting optimaal te benut, asook die verskillende genres in fotografie.

Die kursus sluit ook basiese Photoshop-opleiding in. Die koste is R1 350 per persoon, wat die kursusmateriaal en ligte middagetes insluit.
Wat die kursus besonder lekker en suksesvol maak, is dat dit deur die klub se pryswenner-fotograwe aangebied word.
Belangstellendes kan die klub voorsitter, Henk Scheepers, of Johan Brits, of Francois Roux kontak.
Henk – 072 2600513 (henks@hsattorneys.co.za)
Johan – 082 7188394 (tsawa@yebo.co.za)
Francois – 082 5723560 (froux@jbv.co.za)
