Local newsNewsNews

Fotografie: Haig skitter agter die kamera

Beginner-fotograwe word genooi om by die klub aan te sluit.

VANDERBIJLPARK – Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging onlangs sy maandelikse vergadering gehou, waar die fokus op die September-tema van Minimalisme was.

Die klub vergader een keer per maand om lede se fotografiese vaardighede te slyp, deur hul werk te laat beoordeel.

Haig Fourie het die aand se verrigtinge oorheers. Sy foto, Main Attraction, het nie net die Minimalisme-afdeling gewen nie, maar is ook aangewys as die algehele wenfoto van die aand.

Haig het ook die aanlynkompetisie gewen met sy foto, In Front, en die Monochroom-afdeling met The Shadow.

Haig Fourie se aanlyn-inskrywing, In Front.
Haig Fourie se foto, The Shadow.

Ander wenners van die aand sluit in:

Oop-afdeling: Neville Hein met sy foto, Nathan.

Selfoon-afdeling: Henk Scheepers met Mist in the valley.

Al die wenfoto’s, asook verskeie interessante artikels, kan op die klub se amptelike webwerf, www.vdbp-photo.org, besigtig word. Belangstellendes wat by die klub wil aansluit, kan Johan Brits by 082 718 8394 of [email protected] kontak.

Die volgende klubaand is geskeduleer vir 17 Oktober.

Neville Hein se foto, Nathan.
Henk Scheepers se selfoonfoto, Mist in the valley,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: [email protected]
Back to top button