Local newsNewsNews

Vulliskrisis: Die Vaal het vullisterreine nodig!

AfriForum se jongste vullisterreinoudit het aan die lig gebring dat plaaslike inwoners sowat 80 km moet aflê om van hul vullis ontslae te raak.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se versuim om nuwe vullisterreine in Vanderbijlpark en Vereeniging oop te maak nadat beide dié terreine die einde van hul leeftyd bereik het, lei nou tot ernstige onwettige storting in die gebiede.

Gevolglik word al hoe meer onwettige stortingsterreine in die gebied opgerig, wat ernstige gesondheids- en omgewingsrisiko’s inhou.

AfriForum het reeds aan die Emfuleni-munisipaliteit voorgestel om oorlaaistasies in Vanderbijlpark en Vereeniging op die been te bring om die druk op inwoners en die omgewing te verlig.

Tot dusver is daar egter geen daadwerklike optrede geneem nie.

Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Vaaldriehoek, sê dit is teleurstellend dat die munisipaliteit nie die probleem ernstig opneem nie.

“Die gemeenskap ly onder die gevolge van swak dienslewering, terwyl die munisipaliteit bloot toekyk. Ons kan nie toelaat dat inwoners in só ’n onhigiëniese en gevaarlike omgewing leef nie.”

“AfriForum doen opnuut ’n beroep op die Emfuleni-munisipaliteit om dringend volhoubare oplossings te implementeer.

“Sou daar nie daadwerklike stappe gedoen word nie, sal AfriForum regstappe oorweeg om gemeenskappe se reg op ’n skoon en veilige leefomgewing te beskerm,” sluit Blignault af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button