VEREENIGING – Die Laerskool Risiville se eerste hokkiespan vir dogters het onder die bekwame leiding van afrigters Yvette Christie, Nadine Steyn, Natasha Labuschagne en Natasha van Jaarsveld ’n puik jaar propvol seges en trotse oomblikke beleef.
Die span het die seisoen op ‘n wennoot afgeskop toe hy die Trio-toernooi gewen het.
Die span het sy puik spelpeil by die Super 8-toernooi voorgesit toe hy sy afdeling gewen het en as die algehele wenner gekroon is.
Die span het sy segetog on die liga voorgesit en die eindstryd ‘n sege met 7-0 behaal om as die ligkampioen gekroon te word.
Die span het sodoende deurgedring om die distrik by die Suid-Gauteng Toernooi te verteenwoordig.
Die span het drie wedstryde gewen en in die proses 14 doele aangeteken en niks afgestaan nie.
Die span het tot die halfeindronde deurgedring maar is met “sudden death”-doel uitgeskakel.
Die Risies se kaptein Meglynn Tredoux is voorts as die Speler van die Toernooi aangewys, terwyl die onder-kaptein, Sienna Roos, as die Top Doelwenner gekies is.
Die span het boonop die toekenning vir beste sportmanskap en spangees ingepalm.
Die span het die seisoen ʼn verstommende 114 doele aangetelen en slegs ʼn enkele doel afgestaan. Dit wil gedoen wees.
