
WONDERFONTEIN – Die raaisel oor wat met die Wonderfontein-grafte gebeur het, is opgelos.
Die eienaar van die grond waarop die grafte en grafstene gevestig is, het na aanleiding van Vaalweekblad se berig vroeër vandeesweek reageer.

Julande Muller en haar familie was erg ontsteld nadat hulle op 26 September die familie-graf van hul oupagrootjie, Helgaard Muller, op 26 September op die Wonderfontein-plotte naby Vaalpark besoek het. Volgens Muller-hulle besoek hulle tot 3 keer per jaar die graf.
“Die grafte en grafstene het oor die jare heen verwaarloos. Die bome en gebied rondom die grafte is in 2021 reeds skoongemaak nadat die bome erg begin omval het. In 2022 het ons die heining om die plot herstel en ‘n hek opgesit vir beter sekuriteit.
Die grafte en grafstene is nie verwyder nie. Ek vermoed dit het omgeval en lê onder die sand,” gee hy te kenne.
Volgens die eienaar kan die Muller-familie enige tyd die grafte besoek, herstel, in stand hou of selfs verwyder, maar niemand het nog ooit toestemming gevra om toegang te kry om enigiets van die aard te doen nie.
“Ek was nie bewus dat hulle die grafte besoek het nie. Al wat ons vra is dat daar vooraf reëlings getref word.”
