Ultimate Outlaws-aksie in Vereeniging
Wedrenne by Ultimate Outlaws in Vereeniging stel nooit teleur nie. Dit was verlede Saterdag weer die plek om te wees as jy 'n motorsport-liefhebber is.
Die volgende byeenkoms is op 1 November wanneer die finaal van die SA National Hotrod Tour by Ultimate Outlaws Raceway plaasvind.
Dit is een byeenkoms wat nie misgeloop moet word nie. Die hekke sal reeds om 14:00 open en wedrenne sal om 17:00 begin.
Verlede naweek se wenners in die onderskeie klasse is:
Ninjas
1. Kyle Saayman, 2. Ashleigh Saayman en 3. Leah Saayman
Junior Developments
1. Arno Ooshuizen, 2. Lionel Hiscock en 3. Johan Roos
Stockrods
1. Matthys van der Merwe, Morné Thomas en 3. Louis Nel
1660s
1. Spanner Pretorius, 2. Cameron Heys en 3. Eugene Schoeman
Tin Tops
1. Mario Roth, 2. Philip Steyn jnr. en 3. Gary Bergstrom
2L Hotrods
1. Marius Grobler, 2. Tokkos Joubert en 3. Johnny Mills
Sprints
1. Quintin Saayman, 2. Izak Spies en 3. Andries Marx





