Local newsNewsNews

Kollegepark se langasems presteer by SA’s

Ryg podium plekke soos soetkoek in

VANDERBIJLPARK -Die Laerskool Kollegepark se jong landloopsterre het op 3 en 4 Oktober tydens die 2025 Suid-Afrikaanse Landloop-kampioenskap in Witrivier gewys waartoe hulle in staat is.

Drie van die skool se top-atlete het met spoggerige medaljes teruggekeer nadat hulle alles op die 3 km-baan gegee het.

Miané de Clercq en haar sussie Emma de Clercq het onderskeidelik met ‘n goue en ‘n silwermedalje teruggekeer.

Franna van der Westhuizen het ook nie gras onder sy voete laat groei nie en ’n silwermedalje losgehardloop.

Hul bydraes het gehelp dat Kollegepark se span met ‘n goue medalje huis toe gekeer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: [email protected]
Back to top button