SASOLBURG – Medelye en boodskappe stroom steeds in nadat Dr. Johan Fritz een van Sasolburg se geliefste dokters en inwoners in die ouderdom van 87 oorlede is.
Die woord legende word baie maklik uitgedeel maar in hierdie geval sal dit ‘n onreg aan sy raak nalatingskap doen om dit uit te laat.
Hy was ‘n ware legende en steunpilaar wat die gemeenskap gedien het.
Die inskrywings op sosiale media getuig van ‘n mens wat die gemeenskap met sy menswees diep geraak.
Hy word beskryf as een van die beste bevallingsdokters wat met se kalmte en deernis soveel pasiënte deur hul pyn en lyding bygestaan het.
Generasies is deur hom behandel. Grootouers, ouers en kinders van die dieselfde families se mangels is deur hom uitgehaal en sy helende hande en ‘n sagtewoord is iets wat almal sal bybly en in hulle harte voortleef.
