NewsNews

Proppies net waar jy kyk

Hierdie broer en suster werk saam om 'n verskil te maak.

VANDERBIJLPARK –  Vaalpark Primêr se proppie projek is al legendaries in die Vaaldriehoek.

Elke jaar raak die kompetisie al hoe strawwer om te kyk wie die meeste proppies kan insamel, want hoe meer proppies daar is, hoe meer rolstoele kan geskenk word.

Dis lekker as jy jou eie rekord kon oortref.

Ruardt en Maruche Herbst het hul vriende, familie en familie se vriende al aangespoor om proppies te versamel. In 2023 het Ruardt die stryd nog alleen aangesê en 13 000 proppies in totaal gehad.

In 2024 het Maruche, toe in graad 1, saam met haar boetie begin werk en hul spanpoging het 40 000 proppies as resultaat gehad.

Hierdie jaar het hul met nog groter geesdrif in geklim en oor die naweek het hul al die proppies skoongemaak en getel. Hulle het hul eie verwagting oortref en 82 000 proppies ingesamel.

Maruche Herbst sit sommer bo-op die sakke met proppies na al die getellery.

Die proppies sal Donderdag skool toe geneem word wanneer al die leerlinge hul proppies moet inbring om geweeg te word en om te bepaal watter klas en individu die meeste proppies vir die jaar ingesamel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button