Local newsNewsNews

R1,3 miljoen per maand huurgeld sonder ʼn kontrak!

ELM huur die OK-gebou in Vanderbijlpark se middedorp.

VANDERBIJLPARK – “Die munisipale bestuurder van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, April Ntuli, se onvermoë om dié munisipaliteit behoorlik te bestuur, kan nie langer voortduur nie.”

Die opposisie partye is van meding dat die tyd aangebreek het dat hy bedank.

Die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC), waarvan die VF Plus deel is, het reeds op 31 Maart vanjaar ʼn uitnodiging aan Ntuli gerig om R1 miljard se ongemagtigde uitgawes aan die komitee te kom verduidelik.

“Hy het bloot nie opgedaag nie,” vertel raadslid Hein van der Lith van die VF Plus in Emfuleni.

Die grootste ongemagtigde uitgawe is glo die huur van die OK-gebou in President Paul Krugerstraat in Vanderbijlpark.

Die huur van die gebou beloop glo R1,3 miljoen per maand, sonder ʼn huurkontrak tussen die munisipaliteit en die gebou-eienaar.

Die OK-gebou huisves onder meer die munisipale klientedienssentrum in Vanderbijlpark.

Raadslid Hein van der Lith

“Selfs die finansiële hoof, Mfareleni Maseanoka, kon nie enige antwoorde verskaf nie. Emfuleni is reeds bankrot en die ANC-beheerde regering steun die afgelope ses jaar ʼn onbefondsde begroting. Dit terwyl verbruikers hul krag- en waterrekeninge direk aan Eskom en Rand Water moet vereffen,” voer Van der Lith aan.

“Die bestuur van die munisipaliteit het nie die politieke wil om die munisipaliteit uit sy rommelstatus te lig nie”.

Die VF Plus meen die enigste oplossing is om die ANC uit die kussings te lig en ʼn nuwe regering daar te stel, wat die inwoners se behoeftes eerste te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button