Local newsNewsNews

Die teater se dak het net-net gehou

Afrikaanse musiek en goeie geselskap was die besondere kombinasie vir Erfenisdag by die Ettienne Rousseau Teater in Sasolburg.

SASOLBURG – Die Ettienne Rousseau Teater het weerklink met Afrikaanse musiek uit die boonste rakke op Erfenisdag.

Die Vyftigers se vertoning was besonders. Neil Sandilands, Gian Groen, Schalk Joubert en Abel Kraamsaal het almal hierdie jaar die groot 5 geslaan en besluit om met ʼn Afrikaanse musiekvertoning deur die land te toer.

Neil Sandilands in aksie. Foto/Neil Sandilands Facebook

Hulle het dit ook gekombineer met Afrikaans wat hierdie jaar 100 jaar as amptelike landstaal erken word.

Erfenisdag het hul ondersteuners bankvas gesit en was verras om te hoor dat die ERT ook die jaar 50 jaar vier.

Andries Visagie het na die vertoning gesê: “Wat ‘n heerlike manier om ‘n Erfenisdagmiddag te spandeer.”

Terwyl Neil dit mooi saamgevat het op sy Facebookblad met:

“Gister en erfenis se dinge in Sasolburg. Dit was nou ‘n blêrrie nxa verjaarsdaggeskenk vir Die Vyftigers. Sweerlik een van die mooiste en bes toegeruste teaters in die ganske Afrika.

“Dit was uiters spesiaal om dit als met Abel Kraamsaal, Gian Groen Schalk, Joubert Briers Coetzee & ERT te vier! Dankie Herman van Niekerk, Carli Olivier, Rachelle Crous, Die Braaibus!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button