2025 ‘n goeie jaar vir Kollegepark se dansgroep
Harde werk en toewyding, maar ook met baie passie het LS Kollegepark se Dansgroep die jaar met vreugde begin en afgesluit.
VANDERBIJLPARK – Laerskool Kollegepark se dansgroep het ‘n besige jaar agter die rug waar hul bewys het dat harde werk, toewyding en talent hand aan hand gaan.
Hul eerste deelname vir die jaar was aan die Con Spirito Kunsvereniging waar hul 84% behaal het. Vandaar het hul net van krag tot krag gegaan.
By Show Your Talent het hul die Golden Buzzer gekry en goud verower. Vir die jong dansers was die beste dat hul provinsiale kleure verwerf het.
In Augustus het hul aan die bekende Del Arte Eisteddfod deelgeneem en A++ (94%) gekry.
Die prestasies het nie daar gestop nie – by die Dance Waves Kompetisie het die Parkies ’n vierde plek verower in ’n sterk mededingende kategorie.
Hulle het hul jaar afgesluit by die Vaal Triangle of Performing Arts op 12 September waar hul weereens met goud beloon is.
Afrigters Michelle Eloff en Ashley de Paiva Smit sê hul is baie trots op elke danser. “Die verhoog was elke keer vol energie, passie en vreugde – presies wat Kollegepark se Dansgroep só besonders maak,” het hul gesê.
