Bowling for Boobies ‘n groot sukses
Die fondse wat ingesamel is, is aan KANSA geskenk.
VEREENIGING – Alle borsverwante grappies en stoute woordspelings op T-hemde was toelaatbaar tydens die OFM Bowling for Boobies liefdadigheidsgeleentheid wat 9 Oktober by die Riverside Bowling Club in Vereeniging gehou is.
Dié prettige inisiatief vorm deel van die Pienktoberveldtog wat jaarliks in Oktober plaasvind om bewustheid oor borskanker te bevorder. Ons land se skonergeslag word aangemoedig om gereeld ondersoeke te laat doen.




Die geleentheid het sakelui en gemeenskapslede van regoor die Vaaldriehoek gelok om ‘n goeie saak te ondersteun.
Die fondse wat ingesamel word help met mediese uitgawes en bied ondersteuning aan pasiënte wat deur die finansiële en emosionele uitdagings van borskanker gaan.
Bowling for Boobies bied nie net hulp aan slagoffers nie, maar skep ook ‘n samehorigheidsgevoel in die gemeenskap.
Pienktober is ‘n simbool van hoop in die stryd teen borskanker.
