Vaal Sangers is Country se baas
Altyd lekker as Vaaldriehoekers goed doen en onlangs het ons Country sangers weer bewys hulle mag maar sing.
PRETORIA – Die Vaaldriehoek se Country sangers het weer bewys waarom hul as van die bestes in die land beskou word.
Die Official SA Country Music Associatin/Foundation (SACMAF) toekennings het verlede week plaasgevind en die Valies het behoorlik geskitter.

Leonardo was genomineer in 11 kategorieë en het sewe daarvan gewen en ‘n agste in samewerking met Radio X5. Naamlik:
-Country Male Vocalist 2025
-Country Rock Original Male 2025
-Afrikaans Contemporary Original Male 2025
-English Original Male Artist 2025
-English Contemporary Newcomer Male 2025
-Contemporary English Rock Cover Male 2025 en
-SACMAF Member/Artist of Year 2025
Lion Jay het toekennings ontvang vir:
Afrikaans kontemporêre album van die jaar – “In my kraal”
Contemporary Pop Duo Cover (saam met Suzette Jacobs – “Perhaps love”) en
Country Gospel Male Vocalist of the Year – “On a quiet Christmas evening”
Collin Dee het ‘n toekenning ontvang vir Traditional Country Song of the Year – “This You Must Know”.

Vernon Muso
Nie net was Vernon Muso hierdie jaar die MC van die aand nie, maar het ook ook twee toekennings ontvang vir Instrumentalist of the Year en die Azania Award.

Landee het toekennings ontvang vir haar “Boots on the floor” – New Country Original Female 2025 en “Can’t stop me now” – English Contemporary Original Female 2025
Voormalige Valie Rudi Claase kon weens gesondheidsredes nie daar wees nie. Hy het erkenning onvang vir sy lewenslange bydrae tot die musiekindustrie.
Catie Rock het toekennings ontvang vir, “Most Aspiring Newcomer u/16” en ‘n toekenning vir haar enkelsnit “Soos ‘n rots”, geskryf deur Drienie J Kelly en vervaardig deur Storm Music Productions.
