NewsNews

Klas van ’85 hou bo-baas Bijler reünie

Die Klas van '85 van die HS Vanderbijlpark het 'n groot kuier naweek agter die rug en beplan hul alreeds hul volgende bring en braai.

VANDERBIJLPARK – Daar is lank beplan aan die groot okkasie. Die Hoërskool Vanderbijlpark Klas van ’85 se 40-jaar reünie. Daar is selfs ‘n komitee gestig onder leiding van president Pieter Mocke.

Voormalige wiskunde onderwyseres Ma Rina Bosch saam met Pieter Mocke. Pieter was die president van die reëlingskomitee.

Die groot naweek het uiteindelik 2 Oktober aangebreek met oud-Bijlers wat van heinde en ver op Ingwe Lodge net buite Vanderbijlpark toegesak het.

Dit was dadelik ‘n gegons soos wat gesprekke opgetel is waar dit vier dekades gelede laat lê is.

Die voormalige klasmaats het dit ook geniet om weer hul aardrykskunde onderwyser, Mnr Wollie Wolmarans in die oë te kon kyk en lekker saam met Mev. Rina Bosch, of Ma Bosch soos wat sy al die jare bekend gestaan het, te kon kuier.

Mev. Wolmarans, Pieter Mocke, Mnr. Wollie Wolmarans en Johan van Tonder.

Sanet Reyneke het na die naweek gesê: “Hierdie was ‘n ongelooflike kuier-naweek. Die feedback wat ons gekry het na die tyd het my laat lag en party keer ‘n traan laat pik.

“Ons was glad nie vreemd vir mekaar nie. Dit het gevoel of ons net aangegaan het na ons matriek jaar alhoewel daar 40 jaar verloop het.

“Daar is besluit dat ons almal weer in Maart 2026 saam kuier, al is dit net ‘n vinnige bring en braai. Bijlers Bo!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button